General

Laerskool Koedoeskop hou Leiersaamtrek

SWARTKLIP – Die leiers van Laerkool Koedoeskop en hul ouers was getrakteer vir ‘n lekker ete te Nylstroom op die naweek van 3 Augustus.

Die verrigtinge het plaasgevind by Laerskool Nylstroom en hulle het behoorlik uitgehang en gesorg dat almal teenwoordig hulle baie geniet het. Die gasspreker op hierdie geleentheid was die hoof van Hoërskool Nylstroom, Mnr Calitz. Hy het die leiers toegerus met ‘n tong-in-die-kies waarhede uit verskillende lande en kulture. Alle hoof leiers het dan ook die geleentdheid gehad om hulle skool aan die gaste bekend te stel. Laerskool Koedoeskop spog met ‘n nuwe rekenaar sentrum wat uit 18 nuwe pentuim 4 rekenaars wat die nuwe vista 2007 program toegerus is bevat. Die skool is baie trots op hierdie sentrum en dit sit die totale rekenaars van die skool op 30. Die res van die rekenaars word in die skool se internet-kafee gebruik. Hier het die leerlinge toegang tot die internet wat hulle gedurende speeltye kan gebruik om op die internet te kan “surf” en verskillende internet webwerwe kan besoek. Die skool het ook sy eie webwerf wat die leerlinge self ontwerp het en die adres is www.koedoeskop.com Die skool wil ook net dankie sê aan Cisca Buys wat die krieket se eerstespan geborg het met nuwe broeke, hemde en pette.