KFC en jy – saam maak ons ‘n verskil
Om gereken te word as die hartklop van ‘n dorp se ekonomie, is waarlik iets om op trots te wees. Dit beteken dat die gemeenskap wat dit dien so ‘n maatskappy erken as ‘n gerespekteerde korporatiewe maatskappy wat sy bedryfs-en sosiale verantwoordelikhede op prysenswaardige wyse nakom. KFC word lank al as een van die groot rolspelers van die dorp se ekonomiese hartklop gereken. As ‘n verantwoordelike korporatiewe maatskappy wat sy rol in die gemeenskap ernstig opneem, is daar daagliks gewigtige besluite wat geneem moet word. Een so ‘n besluit is hoe die maatskappy in die gemeenskap kan terugploeg. Die Care2Share promosie wat die week by uitgesoekte KFC restaurante afskop, is presies die manier hoe KFC wys hoeveel hy omgee. Vir elke Veertig Rand en meer, wat die verbruiker tydens hierdie promosie wat op 1 Oktober 2007 eindig aan sy gunsteling hoendergereg spandeer, gee KFC ‘n bedrag geld terug aan die Nie Winsgewende Organisasies. KFC se eie personeel het hierdie Nie Winsgewende Organisasies in samewerking met bestuur geïdentifiseer. Elke een van hierdie Nie Winsgewende Organisasies speel ‘n sleutelrol in die fisiese, geestelike en emosionele welstand van die gemeenskap. Die Nie Winsgewende Organisasies wat op die nominasievorm verskyn is Krause Skool, SAVF, Thabang Projek en die Smashblok se HIV Projek. Wys sommer dadelik hoeveel jy omgee en maak gou ‘n draai by KFC vir jou gunsteling hoendergereg. Heg jou verkoopsbewys aan die spesiale nominasievorm vas, en dui jou verkose Nie Winsgewende Organisasie aan. Hou die pers dop om te sien hoe jou en KFC se bydrae ‘n verskil maak in die gemeenskap! KFC en jy – vingerleklekker met ‘n warm hart!