Keurings nou vir Limpopo Jukskei Unie
THABAZIMBI – Alle junior jukskei spelers neem asseblief kennis van die keuring op Vrydagmiddag 24 Augustus 2007.
Dit vind plaas op die jukskeibane van die Unie op Polokwane en begin om 14:00. Op Saterdag die 25ste Augustus om 8:00 begin die skole liga ook op dieselfde bane. Martiens Vermaak, die sekretaris van die junior komitee, kan geskakel word by 084 880 8379 indien enige verdere besonderhede verlang word. Dames bo 45 en mans bo 50 wat belangstel om na die meesters toernooi te Kroonstad te gaan word uitgenooi om op Saterdag die 1st September om 9:00 aan te meld vir keuring op die bane van die Tarentale klub te Mokopane. Die toernooi te Kroonstad vind plaas vanaf 24 tot 27 September.Vir enige navrae skakel asseblief vir Bossie Liebenberg by 082 920 9070.