Sport

Dames oorheers slagspel op Thaba

THABAZIMBI – Saterdag se slagpel is deur die dames oorheers. Alta Venter wen met ‘n 68. Tweede was Mike Nortje met 69 en derde Louise van Graan met 71. Die Junior kampioenskap wat vir Donderdag 9 Augustus beplan was moes afgelas word weens ‘n gebrek aan belangstelling.

Die Algemene Jaarsvergadering van die Thabazimbi Gholfklub wat Woensdagaand 8 Augustus gehou is was redelik goed bygewoon. Ledegeld moet egter tred hou met die inflasie en daarom is daar besluit om die ledegeld met 6% te verhoog. Lede wat egter voor 1 September betaal, betaal nog die ou ledegeld. Die daaglikse speelgeld bly egter onveranderd. Daar is ook drie lede vereer met die toekenning van Ere-lidmaatskap. Nico van der Westhuizen, Eddie Williams en Vollie Volschenk het elkeen al meer as twintig jaar diens op die Komitee en het deur die jare in verskeie poste ‘n aandeel gehad in die sukses van die klub. Die komitee wat vir die nuwe finansiële jaar aangewys, is: Nico van der Westhuizen: Voorsitter; Alta Venter, Sekretaris;Jacob Jordaan, Klubkaptein; Koos Prinsloo, Tesourier;Louise van Graan, Dameskaptein;Dr Willem du Plessis, Piet Venter en Vollie Volschenk as Addisionele lede. Eerskomende Saterdag is dit weer liga op Mogol. Tuis gaan ons IPS speel. Vrydag 24 Augustus bied die N G Kerk ‘n spesiale gholfdag op Thaba se baan aan. Saterdag 25 Augustus is die spel Bonus Syferspel (Bogey). Die gereelde Pick ’n Pay Sundowner word nog elke Woensdag goed ondersteun. Vanaf 1 September sal dit weer oor 9 putjies gespeel word.