Bosindringing tema vir Sentrum Boeredag
SENTRUM – ‘n Baie interessante Boeredag word op Vrydag 28 September 2007 deur Sentrum Boerevereniging by die Sentrum veilingskrale in die Thabazimbi distrik gehou. Grondeienaars word uitgenooi om die geleentheid, wat gratis aangebied word, by te woon.
Die tema van die boeredag is in geheel gefokus op bosindringing en metodes en tegnieke om dit te beheer, gepaardgaande met praktiese demonstrasies deur verskaffers van toerusting . Volgens mnr Jan Viljoen, voorsitter van die Thabazimbi DLU (Distrik Landbou Unie) is bosindringing, naas droogte, een van die belangrike faktore is wat verhoed dat landbougrond ekonomies volhoubaar benut kan word in die Bosveld, veral die Thabazimbi gebied. In gevalle is die draekrag van landbougrond so verminder dat dit geensins benut kan word vir landbou doeleindes, as gevolg van die digtheid van bome en bos. Hierdie probleem is voortdurend en het deurlopend aandag nodig om indringing te beheer. Verskaffers word ook ter selfde tyd uitgenooi en die geleentheid gebied om hulle produk te bemark en bekend te stel teen ‘n beperkte nominale fooi. Die boeredag sal begin met lesings deur kundiges wat aanbiedings sal doen oor aspekte van bosindringing. Na afloop van die lesings, kan die uitstallings van verskaffers besoek word waar inligting oor hulle produkte verkry kan word. Daar word gepoog dat vir elke produk beskikbaar op die dag, daar ook ‘n direkte konkurent teenwoordig sal wees, om produk vergelyking moontlik te maak. Omdat van die toerusting slegs ge-evalueer kan word onder prakties omstandighede, sal die geleentheid ook aan toerusting voorsieners beskikbaar gemaak gestel word om onder normale praktiese veldtoestande, demonstrasies te lewer. Alle grondeienaars is uitgenooi en sal baat vind om hierdie geleentheid by te woon en hulle self te vergewis van kommersiële produkte wat beskikbaar is om bosindringing te beheer en te bestuur. Vir verdere inligting kan die organiseerders naamlik Pieter Eloff (082 269 2497) en Willem Minnaar(083 362 0902) geskakel word.