General

Platina bevoordeel eiendom

THABAZIMBI – Eiendomsmarkte in die spreekwoordelike platinaboog van die Hans Merensky-rif trek voordeel uit die ekonomiese oplewing dansy stygende pryse van die edelmetaal. Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid Afrika eiendomsgroep, sê talle dorpe langs die boog, wat van die hoofweg van Rustenburg tot Lydenburg strek, gaan regstreeks baat danksy stygende pryse. Die oplewing skep vraag na ‘n wye verskeidenheid dienste en goedere, wat weer vraag na handelsen nywerheidsruimte, berggeriewe en natuurlik wooneiendom skep. Die ekonome noem dit graag die aanslageffek, wat beteken dat vir elke VS$10 wat die platinaprys styg, is ‘n ooreenstemmende styging in die myne se wins. Dit lei tot beter koopkrag vir die myne wat weer beteken daar is meer geld in omloop in die makro ekonomie die dorpe. Dit skep werksgeleenthede en persoonlike welvaart onder ondernemers, sakelui en selfs gewone mense. Die ekonomiese werksaamhede wat hierdeur geskep word sou natuurlik nie gesteun kon word sonder behuising van alle gedaantes nie – van toetree eiendomme tot luukse herehuise. Hy waarsku die moontlike nadeel is dat eiendomsmarkte in die gebiede gevoelig is vir wisseling in die platinaprys, maar hy wys daarop dat die mark op die oomblik ten gunste van die dorpe is met pryse wat in die algemeen aan die styg is. Hy noem dat ontledings toon dat sterk vraag na platina gaan voortduur dansy lande soos China wat groot verbruikers van die metal is. Toegegee sê Kotze groei in eiedomswaardes in sommige van die dorpe was van ‘n lae basis maar vir ontwikkelaars en beleggers maak dit min saak. Wat tel is die goeie geleenthede wat dit meegebring het. Maar, soos enige ander mark, moet die mark met verantwoordelikheid benader word, nie alles sal noodwendig ‘n platina myn wees nie. Maar daar is duidelik gesonde geleenthede, goeie opbrengste in moontlik en daar is steeds goeie waarde. Ons sien die markte in die dorpe in goeie ewewig wat vraag en aanbod betref. Die tempo sal versnel indien platinaprys verder styg, maar wat regtig nou nodig is, is bestendige pryse teen ‘n hoër vlak sodat wisselvalligheid in die markte voorkom kan word sê Kotze.