Sport

Laaste baars kompetisie vir Northam hengelklub

SETARIA- Die laaste bass kompetisie van Northam hengelklub is die afgelope naweek aangebied. Op ‘n koue en winderige Sondag het ‘n handjie vol hengelaars by die Consentrator dam byeen gekom. Net die wat braaf genoeg was het die dag aangedurf en is met goeie vangste beloon. Die kompetisie het vroeg die Sondag oggend begin en die inweeg van die vis was om 15:00. Die swaarste baars is deur Rudi gevang en het 1,6164 kg geweeg. Die tweede prys was die van klein Teuns wat met sy bass van 1,25kg wegge- stap het. Die naweek van die 10de tot die 12de is ‘n naweek kompetisie wat reeds om 16:00 Vrydagmiddag begin. Die inweeg vind Sondag om 12:00 plaas. Hierdie kompetisie is ook by die Consentrator dam.