Entertainment

Grootste provinsiale Landbou Expo

POLOKWANE – Volgens Mnr Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord word die grootse Provinsiale Landbou Expo weer hierdie jaar aangebied op 28 en 29 September te Pietersburg DLU terrein langs die Pieterburgse skougronde. Dit beloof om ‘n heerlike uitstappie vir die hele gesin te wees. Die datum is juis so gekies om saam te val met landbou unie se 110 jarige ver- jaardag op 29 Sep- tember. Die eerste Landbou Expo wat in 2006 gehou was, het op ‘n byna skokkende wyse alle verwagtinge oortref. Die aanvraag was so groot en die reaksie so oorweldigend dat daar besluit is om die belangrike Provinsiale Landbou Expo jaarliks te herhaal. Na aanleiding van die groot sukses wat met die 2006 Landbou Expo behaal ins, is besluit om die 2007 Provinsiale Landbou Expo oor twee dae aan te bied. Uitstallers word gevra om so vinnig moontlik stalletjies te bespreek aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid spasie beskikbaar is. ‘n Nuwigheid vir 2007 is die Inter DLU kompetisies wat gehou gaan word soos “pit-spoeg” om sleg een te noem. Alle ondernemings wat van hierdie bemarkingsgeleent heid gebruik wil maak kan gerus die Streekkantoor kontak by 015 2973749.