Bloedsweet toe kaptein en voorsitterspanne bots
THABAZIMBI – Daar was bloed gesweet in die groot stryd tussen die spanne van die Kaptein en die Voorsitter verlede Saterdag. In heerlike en sonnige laat-wintermiddag het die span van die Voorsitter egter met die louere weggestap. Baie geluk aan die Voorsitter en sy dapper spelers en dankie aan die Kaptein en sy span vir ‘n moedige maar verlore stryd. Die indiwiduele wen- ner was die ou strydros, Piet Terblanche met 39 punte. Marina van der Wateren het die dames se eer hoog gehou met 37 punte en Toppie Olivier was derde met 36 punte. Baie belangrik is die Algemene Jaarvergadering wat Woensdagmiddag, 8 Augustus, net na die Pick ‘n Pay Sundowner gehou gaan word. Dit is belangrik dat elke lid die vergadering moet bywoon. Dit is hier waar u as lid u opinie regmatig kan lug. Dit help nie u sit in die kroeg en kla nie, kom vergadering toe. Dan is dit ook weer tyd dat ledegeld betaal word. Die kwessie van ledegeld word ook jaarliks op die Algemene Vergadering bespreek. Almal wat nie so gereeld speel nie moet net seker maak van die nuwe voorgee wat vanaf 1 Junie geld. Dit het elke speler se voorgee beïnvloed. Kontak gholfklub by 014 777 1839.