General

Wildsbok eis lewe

Die afgelope paar weke was daar weer ‘n toename in padongelukke as gevolg van wild wat weens die droë velde ander weiplek soek. Die bestuurder van ‘n Opel Astra, Maggie Moyo, ‘n werknemer van Anglo Platinum Amandelbult, is opslag dood nadat sy op Saterdagoggend 14 Julie om en by 05:30 ‘n koedoebul op die Northampad getref het. Die voertuig het eers na sowat 330m teen ‘n boom tot stilstand gekom.