Van beeste tot boogskiet by Thaba Landbouskou
THABAZIMBI –Die Thabazimbi Boogklub gaan vanjaar gedurende die landbouskou ‘n stalletjie in die Hagel saal, langs die Trollope saal, hê. Daar sal geleentheid wees om met jou eie boog of met een van die klub se boë te skiet, na ‘n ware grootte van ‘n wildsbok. Pakkette sal te koop aangebied word waarby een boksoort per pyl geskiet mag word. ‘n Rekenaarprogram bepaal dan watter orgaan jy raakgeskiet het en op hierdie manier word verskeie punte geallokeer. Die wenner stap weg met ‘n rooibokkarkas, terwyl sertifikate uitgereik sal word vir skuts met vol talle. Skuts kan ook die spoed en gewig asook die kinetiese energie van hul pyl laat meet. Inskrywings is beskikbaar by die stalletjie, asook ‘n vertoning van gewilde jag dvd’s en foto’s van trofeë wat ‘n man sal aanspoor om by hierdie gewilde sportsoort aan te sluit. Die Thabazimbi Boogklub nooi ieder en elk uit, van ervare skut tot toeskouer. Vir enige navrae kan Nico Botha gekontak word by 0837498557 of Robert du Plessis by 0837279381 (ondervoorsitter van klub) of Ben van Aarde by 0834625796.