Sien jou by die skou hierdie naweek
THABAZIMBI – Die plaaslike skoukomitee streef elke jaar daarna om die Landbouskou tot nuwe hoogtes te voer. Vanjaar is ook geen uitsondering nie en die komitee is vol vertroue dat hierdie jaar se program in elke smaak sal val. Volgens Heleen Stevens het die komitee vanjaar se skou beplan rondom die ontwikkeling van Thabazimbi. Uitstallers is gekies op grond van produkte wat noodsaaklik is in Thabazimbi noodsaaklik en dus wel ‘n afsetgebied sal hê. Vanjaar se kroning van Mej Skou kry ook ‘n nuwe kleurtjie met kategorie vir seuns bo die ouderdom van 16 jaar met ‘n Rooibok op die spel vir die wenner. Die tema vir vanjaar se kroning is Survivor en deelnemers gaan in egte Survivor-styl gekroon word. Skougangers moet beslis ook uitkyk vir die Kyknet-span wat opnames gaan maak vir die program Fiesta op Vrydag en Saterdag. Hope vermaak word aangebied met nasionale en plaaslike sangers wat deurgans op die verhoog optree. En wat is ‘n skou sonder heerlike eetgoed? Ondersteun gerus die CVO-skool se restaurant asook die VLU-takke wat saamspan om heerlike tuisgebak aan te bied. Toegang beloop R25 vir volwassenes en hoërskoolleerlinge en R10 vir laerskool-, voorskoolse leerlinge.