Nuus vanaf Hoërskool Frikkie Meyer
Na ‘n heerlike wintervakansie is die onderwysers en leerders by Frikkie Meyer gereed vir die nuwe, besige kwartaal wat voorlê. Even though it was school holidays, the learners of Frikkie Meyer remained busy. The Frikwensies Revue group had a very successful and fun fulled tour to the Lowveld. The u/15 boys went on a cricket tour and the 1st cricket team practiced and played matches. A big thank you to each and every learner, teacher and parent who worked for and/or supported the school during the holidays. Behalwe die akademiese program wat die rekordeksamen vir die matrieks en ‘n toetsreeks vir die res insluit word die volgende vir hierdie kwartaal beplan: Die rugbyseisoen is nog aan die gang, die landloop- sowel as die swemseisoen begin, voorbereiding vir die volgende atletiekseisoen neem in aanvang en die jaarlikse matriek-res rugbywedstryde vind plaas. Die Landloop Interhoër vind gedurende die derde kwartaal plaas. Op kultuurgebied word daar uitgesien na ‘n kultuurweek wat beloof om ‘n hoogtepunt te wees. Die toneelgroepe is hard aan die oefen vir hulle optredes en die revue het verskeie optredes waarvan die hoogtepunt hulle optredes tydens die kultuurweek hier in Thabazimbi en hul optrede op 25 Augustus in die Staatsteater is. Gedurende hierdie kwartaal vind die Toneel-, Redenaars- asook die Skaak Interhoërs ook plaas. Op kultuurgebied is daar baie vooruitsigte en ontwikkeling waaroor ons baie opgewonde is! Meer inligting oor die ratwerk van Hoërskool Frikkie Meyer: Tans bestaan die skool uit 950 leerders, voltydse en deeltydse onderwysers en administratiewe personeellede. Van die personeellede wat direk by die onderrig en opvoeding van die leerders betrokke is, word ongeveer die helfte deur die Onderwysdepartement gefinansier. 6 Onderwysers word goedgunstig deur Anglo Platinum gefinansier om in die onderwysbehoeftes van Engelssprekende leerders te voorsien. Die res van die onderwysers word deur die Beheerliggaam gefinansier met behulp van fondse wat kom uit die skoolfondsgelde en fondsinsamelingsprojekte. Daar word baie gedoen om die hoeveelheid leerders per onderwyser so laag as moontlik te hou om sodoende kwaliteitonderrig te waarborg. Die aanstelling van ekstra onderwysers om kwaliteitonderrig aan die leerders te bied, is nie ‘n gegewe nie en is slegs moontlik met die hulp van u as ouers, deur u kind se skoolgonds stiptelik te betaal en deur saam met die beheerliggaam en personeel van Hoërskool Frikkie ‘n span te vorm om aan u kind die geleentheid te gee om optimaal te ontwikkel. As previously mentioned, the School offers a wide variety of extra-mural activities for learners to participate in. There are opportunities for each learner to take part in sport and/or cultural activities if he or she so chooses. Coaching takes place after school, and all involved are aware of the extra time which these activities demand when it comes to competing with other schools. Staff involved in the coaching of these activities still have the task of marking (which with the Outcome Based Education system, is a lot) as well as preparation for classes. The workload which rests on the shoulders of our staff is heavy, so let we the parents stand together and support our teachers in their efforts. Die primêre opvoeding van elke kind is die verantwoordelikheid van die ouers. Indien ‘n kind hoërskoolouderdom bereik, behoort basiese waardes en maniere deel te wees van sy/haar mondering. Ons werk graag saam met ouers om kinders in totaliteit op te voed en af te rond as gebalanseerde en verantwoordelike volwassenes. Dit kan egter nie gedoen word sonder dat ouers en onderwysers in spanverband saamwerk nie. Leer u kind, ook deur u voorbeeld, om hom-/haarself en ander mense te respekteer en om verantwoordelikheid vir sy/haar optrede en gedrag te aanvaar. Op Dinsdag 31 Julie is daar ‘n oueraand vir die graad 8 tot 11 leerders. Indien u kind se skolastiese vordering nie na wense is nie, maak asseblief ‘n afspraak met die betrokke onderwysers sodat die probleem die nodige aandag kan kry. Ondersteuningsdienste soos, ekstra klasse, ‘n leeslaboratorium en berading is beskikbaar vir leerders met probleme. A parents evening will be held on the 31st July 2007 for the Grade 9 to 11 learners. Should your child be experiencing any problems please make an appointment to meet with the teacher concerned to discuss a possible solution. Support services such as extra classes, reading laboratory and counseling are available to all learners. Die Beheerliggaam van die skool bestaan uit ouers wat deur ouers verkies is om hulle te verteenwoordig. Hierdie persone offer baie tyd op om te verseker dat kwaliteitonderrig by die skool plaasvind en dat die skool goed bestuur word. Hulle kry geen vergoeding vir harde en dikwels ondankbare werk nie. Ondersteun hulle en u kind deur betrokke te raak by die skool, hulp aan te bied as dit gevra word en u geldelike verpligtinge na te kom. Indien iets u pla, tree pro-aktief op deur die regte kanale te volg om die probleem op te los. Baie sterkte aan ons skoolhoof, Meneer Deon Azar wat aansterk na ‘n hartomleidingsoperasie. Ons hoop dat u spoedig volkome gesondheid sal ervaar. Mag die tweede helfte van 2007 vir almal in die gemeenskap ‘n positiewe tydperk in u lewe wees. Saamgestel en geplaas op inisiatief van die beheerliggaam van Hoërskool Frikkie Meyer.