Safety Smart Kids leer oor veiligheid
THABAZIMBI – Die heel eerste groepie van die nuwe Safety Smart Kids franchise het die afgelope week by Eddie Eagle meer oor veiligheid geleer. Hulle het hul kursus suksesvol voltooi en sal elkeen op Vrydag 27 Julie om 15:15, wanneer hulle ‘n opvoering op die verhoog by die Skou aanbied, hul sertifikate ontvang. Die Safety Smart Kids CC franchise leer die jongspan van alle vorme van veiligheid, hetsy in die huis met huishoudelike toestelle en skoonmaakmiddels tot wat hulle te doen staan wanneer hulle ‘n vuurwapen gewaar. René Vos, eienaar van die franchise, neem ongeveer 20 leerlinge op ‘n slag onder haar vlerk en bied die veiligheidskursus, wat oor 5 dae in 30 minute sessies opgedeel is, by die betrokke dagmoeder of kleuterskool aan. Die kursus beloop R250 per leerder vanaf driejarige tot 15 jarige ouderdom. Kontak René Vos vir enige navrae oor Safety Smart Kids by 0731854994.