Hondsdolheid – inentingskennisgewing
THABAZIMBI – In 2004 het 21 gevalle van hondsdolheid aangemeld en as voorsorgmaatreël word katte en honde bo die ouderdom van drie maande jaarliks gratis ingeënt. ‘n Ernstige uitbreek van dié gevreesde siekte kom tans in die Noordelike deel van die provinsie voor, met 16 positiewe gevalle onder diere. Sewe mense word ook vir die siekte behandel. Tref asseblief die volgende maatreëls voor inenting: Katte word gerieflik in lemoensakkies beheer wat sal voorkom dat hulle weghardloop. Kwaai honde word beheer deur ‘n kalmeermiddel, vooraf by u veearts verkry. Aangesien die spuitpunte beman word, sal die beamptes nie die honde by die huise kan gaan spuit nie. Die entstof is ook by u veearts beskikbaar. Herhinner asseblief u bure en bediendes aan die inentings. Teken hierdie belangrike datum in u dagboek of kalender aan. Vir alle interprovinsiale bewegings van honde en katte moet ‘n gelde inentingsbewys die diere vergesel. Die volledige program is as volg: 30 Julie Kromdraai kliniek van 10:00-15:00; 01 Augustus Leeupoort Trading Store en Leeupoort School Township van 10:00-14:00; 02 Augustus Bethanie Winkel (Makoppa) van 10:00-14:00; 06 Augustus Koedoeskop Boeresaal van 10:00-13:00; 07 Augustus Anglo Platinum Swartklip van 08:00-17:00; 08 Augustus Dwaalboom kliniek van 10:00-15:00; 10 Augustus Sentrum General Dealer 10:00-14:00 13 Augustus Thabazimbi Dorp Munisipale Kliniek 08:00-18:00 31 Augustus Rooiberg ou Poskantoor 10:00-15:00.