FNB Borgdag goed ondersteun
THABAZIMBI – Die afgelope Saterdag het die jaarlikse FNB borgdag plaasgevind. Twee- en sestig splelers het die aangename winter sonskynweer kom geniet. Soos gewoonlik het die FNB span ‘n besonders aangename gholfdag aangebied. Die wenners van die Beterbal kompetisie net 45 punte was D Torlage en P de Jager. In die tweede plek was B Pring en R Botha op ‘n uittel met 43 punte en in die derde plek P Modise en B Pring ook met 43 punte. ‘n Besonderse woord van dank aan FNB vir hul betrokkenheid by Thabazimbi Gholfklub. Die nuwe voorgee reëls soos deur SAGA voorgeskryf het op 1 Julie inwerking getree. Die volledige stel reëls is vir lede se insae beskikbaar by die gholfklub. Die program vir die volgende paar weke sien soos volg daaruit, 21 Julie Nasua Borgdag, 28 Julie voorsitterspan teen die Kapteinspan, 29 Julie Liga – Thabazimbi teen Lost City op Sun City, 3 Augustus interaksie, 4 Augustus Gestetner Borgdag. Lede moet asseblief kennis neem dat die Algemene jaarvergadering op 8 Augustus net na die Woenskag Sundowner sal plaasvind. Die Komitee vir 2007/2008 sal dan ook verkies word. Die verbouing aan die klubhuis vorder goed en behoort teen die einde van die maand voltooi te wees. Die komitee vra om verskoning vir die ongerief wat die opgradering veroorsaak. Tiger Woods sê:”Don’t look up before the ball has gone”.