Dieetkundige besoek VLU Northam
NORTHAM – Dit is eers as jy na die professionele voorligting van ‘n dieetkundige luister dat ‘n mens besef dat ons in die besige lewe gesond moet eet. Heleen Leonard, dieetkundige, het die dames toegespreek en daarop gewys dat almal weet hoe om gesond te eet, maar ons doen dit nie. Eerstens moet mens leer om gesond te leef. As ons elkeen net vir ‘n sekonde of twee vat en die inligting agter op produkte lees sal ons makliker verstaan waaroor dit alles gaan. Moet ook nie alles glo wat jy lees nie want baie van die inligting is net daar om die produk te verkoop. Die inligting wat wel korrek is, is daar om jou te help en te laat verstaan dat wat jy inneem nie noodwendig goed vir jou liggaam is nie. As ‘n verwysings op die produk aandui dat dit vetvry is, kan dit dalk baie suiker bevat. Net so, as die verwysing aandui dat die produk suikervry is, kan dit dalk baie vet bevat. In hierdie geval is dit beter om eerder iets in te neem wat suiker bevat. Die menslike liggaam verbrand suiker vir energie en vir liggaamshitte. Die oortollige suiker word eers gestoor waar as jy vet inneem. Dit is wat ons “vet” maak. Kolesterol, “the silent killer” is die een wat jy moet dophou. Hoë suikervlakke veroorsaak dat jy gedurig dors is. Jy kan ook ‘n visie probleem hê en jou asem sal soet ruik. Indien dit die geval is, laat jou toets vir diabetes sodat jy dit dalk met die regte dieet in toom kan hou. ‘n Hoë proteïen dieet het ook sy voor en nadele. Die groot geheim is om gebalanseer te eet. Rooibos tee is vir jou baie gesond. Netso sal dit geen skade doen om volgraan brood, provitas, groente en vrugte in gesonde gesonde hoeveelhede in te neem nie. Indien u dieetprobleme het, kan u ‘n afspraak maak met Heleen Leonard by 014 597 2204/5.