Wildehonde in Sentrum-gebied gewaar
SENTRUM – Die Sentrum Boere Vereniging maak bekend dat wildehonde op Donderdag 28 Junie om 07:30 gewaar is in die Sentrum omgewing. Boere moet asseblief verdag wees en enige verdere waarneming en moet dit onverwyld gerapporteer. Indien enige diere buite die grense van die park opmerk word,let op na die datum, tyd en ook posisie. Stel u naaste Distriks Landbou unie in kennis of kontak die volgende persone. Hendrik Mugwabanaparkhoof 082 885 4336,Claire Ntshane 082 805 5737, Bradley Schröder 083 414 6369, Jacques Fourie 083 304 1600.