Entertainment

Thabazimbi Stapklub doen Skeurkrans

THABAZIMBI – ‘n Groep van 17 het die naweek van 15 tot 17 Junie 2007 die Skeurkrans roete in die Naboomspruit omgewing gestap. Hier word in basiskampe gebly en bedags ‘n speekroete gestap (‘n Sirkelroete staproete word elke aand in ‘n ander basis geslaap, wat beteken dat al die stapper se toerusting saamgedra word). Die Skeurkrans roete word hoofsaaklik in die berge gestap wat baie mooi uitsig bied, wat nog mooier sal wees in ‘n goeie reënseisoen. Die buurplaas huisves ‘n leeu boerdery wat saans en soggens gehoor word wat bydra tot ‘n regte bosveld atmosfeer. Elke staproete het sy eie mooi en unieke karakter wat slegs ervaar kan word deur diegene wat bereid is om gerief opsy te skuif vir ‘n naweek. Alle belangstellendes kontak gerus vir Hugo Coetzee by 014 772 1836 of 082 562 5774 vir meer inligting.