Northam VLU beplan vergadering met KANSA
Northam VLU, in samewerking met KANSA, Rustenburg, beplan om op 12 Julie 2007 om 09:00 vm, op die plaas van Elmarie Bodenstein te vergader. KANSA sal ‘n Mobiele Kliniek daar hê, waar kankersmere gedoen sal word en mans kan bloed laat trek vir prostaattoetse. Daar sal ook ‘n dieetkundige teenwoordig wees. Northam VLU beoog om in die toekoms noue samewerking met KANSA te bevorder, aangesien kanker ‘n baie “algemene” siekte word. In die lig hiervan word daar reeds reëlings getref vir ‘n “Borskanker-vergadering” in Oktober. Lede word daaraan herinner om vir kompetisie doeleindes ‘n omgehekelde waslappie klaar te maak, asook kerrie-pynappelslaai saam te bring vergadering toe. Die vlytiges kan hul hand waag aan die manskortbroek. Die vergadering beloof om interessant en insiggewend te wees. Vir meer inligting skakel gerus vir Marie by 0147860304 of Elmarie by 0147860229. Kom gerus en leer meer, ondervind meer en raak betrokke.