General

Landbouers moet self na huis en haard omsien

TLU SA Noord hul het lede en gemeenskappe aangemoedig om eie veiligheidstrukture, binne die raamwerk van die Grondwet van SA, te vestig en in stand te hou. Volgens Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, is daar nog geen nasionale strategie vir die implementering van sektor polisiëring nie. Op die oomblik wil dit voorkom asof daar ad hoc pogings is om reserviste te werf en iets soos sektor polisiëring te implementeer. Dit wil egter voorkom asof die poging eerder bedoel is om strukture wat deur gemeenskappe in plek gestel is, te vernietig sonder om werklik die funksie van die gemeenskap strukture te vervang. Misdaad verhoog maar net weer waar gemeenskap veiligheidstrukture vernietig word. Gideon Meiring, voorsitter van TLU SA Nasionale Veiligheidskomitee, het dit ook duidelik gestel dat die vestiging, opleiding en instandhouding van eie grondwetlike gehoorsame veiligheidstrukture ingegestel is na aanleiding van aanmoediging deur senior elemente in die SAPD. SAPD het plattelandse gemeenskappe aangemoedig om ‘moue’ op te rol en self betrokke te raak in die stryd teen ‘misdaad’. Die President het ook al gemeenskappe aangemoedig om betrokke te raak by die stryd teen misdaad. Verskeie plattelandse gemeenskappe in Limpopo het aan die oproepe gehoor gegee en het sulke strukture gevestig. Die bekendste voorbeeld is die groepering wat in Louis Trichardt ontstaan het. Louis Trichardt het voorheen bekend gestaan as die Bagdad van Suid Afrika, na die suksesvolle implementering van die buurtwag het misdaad met tot 85% gedaal. Sover dit vuurwapenlisensies aan betref het Joubert daarop gewys dat wêreldwyd bewys is dat sogenaamde beheer oor vuurwapens, wetsgehoorsame burgers ontwapen en magteloos maak voor goed gewapende misdadigers wat hulle uit die aard van die saak glad nie aan wetgewing steur nie. Hy het lede weereens herinner aan die duidelike beleid van TLU SA Noord aangaande huidige vuurwapen lisensies: “Doen die vaardigheidstoets, maar moenie verder in die proses ingaan en lisensie her-aansoek doen by die SAPD nie. Die proses is in chaos en dit is duidelik dat dit bloot gebruik word om wetsgehoorsame burgers te ontwapen. Huidige vuurwapen lisensies bly geldig tot middel 2009 en die stryd om die wet te verander is nog nie verby nie.” Joubert het gesê dat lede van TLU SA Noord sal ten alle koste binne die raamwerk van die Grondwet van Suid Afrika opereer maar veiligheid kan nooit gedelegeer word nie. Daarom het TLU SA Noord, as verantwoordelike organisasie, geen ander keuse nie as om by lede aan te beveel om self na huis en haard beveiliging om te sien nie. Samewerking met die SAPD sal egter ten alle tye as die eerste prys beskou word.