Beesboere subsidieer res van waardeketting
Volgens ’n studie wat mnr Marinus van Dyk, onder voorsitter van RPO Limpopo gedoen het, kos dit ’n beesboer in Limpopo R12.75 p/kg om ’n speenkalf te produseer. Faktore wat hy in berekening gebring het is o.a. grond pryse teen ’n waarde van R3500 p/ha, alle kostes van byvoeding, winter en somer lekke, brandstof, watervoorsiening, masjinerie, rente, arbeid, bul koste, heinings, verkoop van uitskot koeie ens. Mnr van Dyk sê verder dat indien ’n boer nie 15kg mielies kan aankoop vir elke een kilogram vleis nie, bereken teen die waarde van die verkoopsprys, is dit nie winsgewend vir ’n boer om kalwers te voer nie. Indien ’n speenkalf vir onder R12.75 p/kg verkoop word, ly die boer ’n verlies. Die voordeel van die goedkoper speenkalwers gaan ook nie deur na die verbruiker nie en is die algemene gevoel dat die beesboer die res van die waardeketting subsidieer.