General

Afgri spog met kiaathoutmeubels

THABAZIMBI – Afgri Thabazimbi het die afgelope twee of meer weke meer vroulike aandag as normaalweg ontvang nadat ‘n spasie in die winkel afgestaan is aan Rhodesiese kiaat, oftewel Baikiaea plurijuga, meubels. Rhodesiese kiaat groei soos sy naam sê in Zimbabwe sowel as Zambië, en is soortgelyk aan die plaaslike kiaat. Dit het ‘n fyn gelyke tekstuur met ‘n reguit of effens inmekaarsluitende grein. Die oppervlak van vars vervaardigde timmerhout is lig-bruin met onreëlmatige swart lyne of spikkels, baie bleker as sapanhout wat na etlike jare se ligblootstelling die rooi komponent verloor en ‘n pragtige diep bruin kleur ryker word. Dit is onsettend hard met ‘n hoë weerstand tot afskawing. Hierdie kiaatsoort word hooggeskat in buig- en kraakkrag, bied weerstand teen verrotting en termiete en is stabiel in verskeie weerstoestande sowel as humiditeit. Dié tipe hout het sy unieke vermoë om die guurste toestande te weerstaan bewys nadat dit vir die afgelope eeu onder spoorbane oral oor in Suid-Afrika gebruik is. Dit word dus beskou as die ideale hout vir meubels veral ook tuinmeubels. Besoek die vriendelike personeel van Afgri Thabazimbi vandag nog om u eie kiaatstel te bekom of skakel 014 772 1832.