DLU en VLU reël mediatoer oor dit wat boere pla
‘n Insiggewende Mediatoer is onlangs gereël deur die Distrikslanbou-Unie (DLU) en Vrouelandbou-Unie (VLU). Die doel van die toer was om ‘n insae te verkry in die omstandighede en probleme wat boere op die verskillende vlakke van boerdery in die omgewing ondervind. Die toer het afgeskop by Dwaalboomveilingskrale, waar ‘n veiling bygewoon is. Daar is spesifiek gekyk na die prys wat die boer vir ‘n bees kry, en die uiteindelike prys wat in die slaghuis vir vleissnitte betaal word. Daarna is besoek afgelê by ‘n wildsplaas, besproeiingsplaas, beesplaas, droëland akkerverbouïng en die Malatiedam. Die toer het plaasgevind op 24 en 25 Mei. Die toerlede het bestaan uit joernaliste van verskeie koerante, onder andere Karen Venter van die Polokwane Observer, Aubrey Nel van Queen Print, Isabel Stoltz van die Landbouweekblad, Heilet Grobler van Noordelike Nuus, Susan Botes van die Farmer’s Weekly, Zelma v.d Waldt van die Bosvelder Potgietersrus en ‘n verteenwoordiger van die Bospatrys. Op die aand van 24 Mei was die DLU en VLU gashere van die groep te Combretum Lodge buite Thabazimbi, waar Hannes en Riekie Harmse oornagverblyf en ontbyt verskaf het. Daar was heerlik gesmul aan ‘n skaap en vlakvark op die spit, met bykosse deur die Northam VLU. Annatjie Dreyer van Northam VLU het aan die medialede die doelwitte en werksaamhede van die VLU bekend gestel. Lede van Thabazimbi VLU, Northam VLU en Strewe VLU het die verrigtinge bygewoon. Marie Helm, van TLU-Noordelike Streek, het lede van die betrokke verenigings genooi om openbare forums by te woon, en sodoende ‘n sê op grondvlak in sake van belang te kry. Jan Viljoen, voorsitter TBZ-DLU, het die onderskeie voorsitters van die DLU- “ysters” in die samelewing genoem. Hulle is Joggie v Bruggen – Northam Boere Vereniging, Ben Welgemoed – Sentrum, Henk Schutte – Rooibokkraal, Karel Vos – Thabazimbi, Magiel Reinecke – Vliegepoort, Danie v Vuuren – Saamwerk. Borge is bedank vir hul onbaatsugtige bydrae: Northam en Sentrum Boereverenigings, Wesvoere, Obaro – Thabazimbi en Dwaalboom, Pietersburg Toyota – wat vervoer verskaf het en MJ Makelaars Pietersburg. Ten einde het Karen Venter van Polokwane Observer die DLU en VLU bedank vir die interessante toer en ete, en gesê hoe moeilik dit raak om iets in die media te plaas insake Landbou. Vir meer inligting of om betrokke te raak by die verenigings skakel Thabazimbi DLU by 0147771559 of Northam VLU by 0147860304