Gesteelde goedere gevind

NORTHAM – Die polisie op Northam het gesteelde goedere ter waarde van R7500 teruggevind in RDT, blok 1. Inspekteur Matsibi en konstabel Msutu het ‘n 30 jarige verdagte gearresteer. Die klaer moet nog die goedere identifiseer maar dra reeds kennis dat dit teruggevind is.
In ‘n tweede voorval waar goedere op 9 April by W Clothing op Northam gesteel is, het Inspekteur Matsibi die volgende dag 28 paar skoene teruggevind in ‘n oop stuk veld in Venterstraat. Die verdagte het toegang deur die dak verkry en is nog nie aangekeer nie. Enigiemand met inligting kan Inspekteur  Matsibi kontak by 072 633 7606.