Wat sê die vet?
Dr B Masschelein bespreek hierdie week jou troeteldier se voedings voorkeure.
Kan ek my dier melk voer?
Wanneer ‘n jong hond of kat gespeen is, is melk nie langer nodig nie. Beesmelk is baie verskillend van hond- of kat melk en klein hondjies en katjies het nie die ingewandsorganismes om die hoë laktose vlakke in beesmelk te verteer nie.
‘n Gebalanseerde voeding is die hoeksteen tot goeie gesondheid en die voorkoming van siektes. Kommersiële dierekosvervaardigers formuleer diëete wat gebaseer is op die nuutste wetenskaplike kennis en toetse.
‘n Dier se diëet moet voedende elemente en ander gebalanseerde bestandele van hoë gehalte bevat. Spesifieke kosse en dieëte is ook beskikbaar. Byvoeging van melk of ander bestanddele kan lei tot ‘n ongebalanseerde ete wat kan bydra tot diëet-verwante siektes soos diaree of blaasstene. Allergiese dermatitis wat gepaard gaan met haarverlies kom algemeen voor by diere wat ‘n swak kwaliteit proteïn diëet volg.
Kan ek my dier bene voer?
Baie ernstige chirurgiese komplikasies word veroorsaak deur diere opgekookte bene te voer. Die proteïn in bene word gedenatureer as gevolg van die kookproses. Dit maak die bene bros en die verbrokkelende splinters kan die derms deurboor – enige plek van die mond tot by die anus.
Die enigste behandeling is chirurgies en dele van die ingewande mag dalk verwyder moet word. Skerp stukkies been kan deur die slukderm en naby geleë lugpyp steek wat jou hond met ernstige asemhalingsprobleme laat.
Oorweeg dit om eerder aan jou jong hond ‘n rou hoender vlerkie of rouvel-koutjie te gee om sy kou-drang te bevredig.