Universiteit van Pretoria: Ingenieursweke 2006
Die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aan die Universiteit van Pretoria bied jaarliks twee Ingenieursweke vir Graad 11 en 12 leerders aan. Hierdie weke is vanjaar vanaf 9 tot 12 April en vanaf 2 tot 5 Julie 2006.
Leerders kry gedurende hierdie weke die geleentheid om teoreties asook prakties kennis te maak met verskillende dissiplines in die ingenieurswese, sodat hulle die regte beroepskeuse kan maak.
Leerders ervaar hierdie weke as opvoedkundig en waardevol en voornemende studente in hierdie studierigtings moet dit nie misloop nie.
Enige navrae in verband met die Ingenieursweke kan aan Aubrey Louw gerig word by telefoon 012 420 2482 of per e-pos aubrey.louw@up.ac.za