Noordelike Provinsie jukskeispanne uitslae
THABAZIMBI – Op Saterdag 4 Februarie het die Noordelike provinsie jukskeispelers deelgeneem aan die streekkampioenskappe te Krugersdorp. Mans, dames en veterane (drie spanne elk) van die Noordstreek se agt unies het deelgeneem. Die uitslae is as volg: Mans 1 – Tweedeplek. Spelers was Sois v Zyl (k) (Olifante Groblersdal), Jannie Bekker (Landdros Polokwane), Jannie Engelbrecht (Thabazimbi) en Martin v Rensburg (Mopanie Polokwane). Mans 2 – Eersteplek. Spelers – De Graaff Genis (k), Freek Stoltz (Tarentale Mokopane), Bossie Liebenberg (Thabazimbi) en Petri Boshoff (Mopanie Nylstroom). Daar was slegs 13 punte verskil tussen hulle en die span in die tweedeplek, Gauteng-Noord.
Mans 3 – Tweedeplek. Spelers – Chris Swanepoel (k) (Steenbok Polokwane), Eugene Jobert (Mopanie-Makhado), JL Steyl (Tarentale Mokopanie), James Engelbrecht en Paul Els (Res) (Thabazimbi). Die drie damesspanne het in die sesdeplek geëindig in die drie afdelings.
Veterane 1 – Tweedeplek. Spelers – Evert Genis (k) (Tarentale Mokopane), Ben Wentzel (Landdros Polokwane), Bertus Els (Thabazimbi) en Pieter le Roux (Naboompark).
Veterane 2 – Vyfdeplek en veterane 3 in die sesdeplek.
Groottotaal – Eersteplek Oos-Gauteng, tweedeplek Sentraal-Gauteng, derdeplek Gauteng-Noord en Noordelike Provinsie in die vierdeplek.
Die volgende Noordstreek Byeenkoms sal plaasvind op 25 Februarie te Krugersdorp, en die spanne sal binnekort deurgegee word.
Vir enige navrae, kontak Martie Nell, Noordelike Provinsie jukskei media skakelbeampte, by 014 733 0611 of 083 532 1960.