Limpopo Veldren uitdaging kom huistoe

Die streeksuitdunne van die Limpopo Veldren Uitdaging kom uiteindelik huistoe en  Limpopo veldren jaers word aangemoedig om hul ondersteuning te wys deur deel te neem en die kans staan om die provinsie te verteenwoordig in die jaarlikse Limpopo Veldren Uitdaging.
Tot dusver het die spanne gewys dat hulle waardige verteenwoordigers van hul onderskeie provinsies is. Limpopo deelnemers sal dus moet uithaal en wys waartoe hulle instaat is by more, 11 Februarie se streeksuitdunne by die Polokwane 4×4 klub.
Die organiseerders van die Limpopo Veldren Uitdaging het deur die land gereis om die beste 4×4 spanne van elke provinsie op te spoor. Twee spanne van elke provinsie sal teen die ander provinsies se spanne meeding in die semi-finaal wat van 3 tot 5 Maart te Polokwane gaan plaasvind.
Vir meer inligting kan
Marang Setshwaelo kontak by (011) 234 8650. Besoek hul webtuiste by www.golimpopo.com