Inter klubgala uitslae

THABAZIMBI – Die Polokwane (Thaba) swemmers het verlede naweek aan die Inter Klubgala te Polokwane deelgeneem. Die Zimbabwe spanne, Zim-Pengiuns, Zim-Higlands, Zim-Pirates, Zim-Spartans en Zim-Crusaders het sterk teenstand teen die Limpopo Provinsie se swemmers gebied.
Die ses Polokwane (Thaba) se prestasies was as volg: Shireen Potgieter (O/11D) silwer medalje in 100m vryslag; Jacques Janse van Rensburg (O/11S) goue medaljes in onderskeidelik 50m vlinderslag, 50m vryslag, 200m vryslag, 100m vryslag, 50m rugslag en ‘n silwer medalje vir 100m rugslag. Jacques het in vyf van sy ses items sy persoonlike beste tyd geswem.
Heinrich Wilsenach (O/12S) ontvang ‘n goue medalje in die 200m IM, silwer medalje in 100m borsslag en brons medaljes in onderskeidelik 50m borsslag, 50m vlinderslag, 100m vlinderslag en 100m vryslag. Hy swem een persoonlike beste tyd.
Lourens Boshoff (O/12S) ontvang ‘n goue medalje in 100m rugslag en silwer medaljes in onderskeidelik die 200m IM, 100m vlinderslag en die 50m rugslag. Hy swem drie persoonlike beste tye. Ansmarie Potgieter (O/14D) ontvang ‘n brons medalje in die 100m borsslag.
Suzanne Janse van Rensburg (O/14D) ontvang goue medaljes in 100m vryslag, 200m vlinderslag, silwer medalje vir 100m vlinderslag en brons medaljes in onderskeidelik 50m borsslag, 50m vlinderslag en 50m vryslag.