General

HFM groet oud onderwyser

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het einde verlede jaar afskeid geneem van me Riekie Eloff wat sedert 1971 by HFM Wiskunde onderrig het vir Gr 8 tot Gr 12 leerlinge.  Die laaste paar jaar het sy hoofsaaklik die Gr- 10’s, 11’s en 12’s onderrig.
Me Eloff het in Brits grootgeword en skoolgegaan, maar het na Thabazimbi verhuis na haar huwelik met mnr Hans Eloff. Die egpaar woon reeds die afgelope 35 jaar op Thabazimbi en hul twee kinders het ook hier skoolgegaan.
Me Eloff is egter nie van plan om niks met al haar tyd op hande te doen nie, en beplan ‘n Wiskunde sentrum (Master Maths) in die nabye toekoms vir leerders van Gr 4 tot Gr 12.