General

HFM hou Interhuis

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het verlede Vrydag hul Interhuis atletiekbyeenkoms gehou. Aan die dirigente se oorspronklikheid het daar nie ontbreek nie.
Die witspan se dirigente het eerste opgedaag met hul Indiaan mondering en perde. Daarna het die rooispan se “cowboys” gevolg op brullende en gepaste rooi motorfietse. Die blouspan se narre en harlekyne het egter vir groot vermaak gesorg met hul aankoms in ‘n klein BMW…..
Die rooispan was egter op al die gebiede onoorwonne en stap weg met die wenbeker op ‘n telling van 1 083. Hulle oes ook die sangbeker in. Die blouspan was kort op hulle hakke met 921 punte gevolg deur die witspan se 824 punte.
Lize de Villiers wen die trofee vir die senior Victrix Ludorum baan atleet en Louise de Kock as senior Victrix Ludorum veld atleet. Cherondé Oosthuizen is aangewys as die junior Victrix Ludorum baan- en veld atleet.
Jean Coetzee is die senior Victor Ludorum baan atleet en Corné Botha die senior Victor Ludorum veld atleet. Jacques Payne is die junior Victor Ludorum veld atleet en Ditsele Aaron die junior Victor Ludorum baan atleet.
Cherondé Oosthuizen word aangewys as die beste dogtersatleet van die dag en Corné Botha die beste seunsatleet. Corné was ook aangewys as die beste atleet van die dag.