Drie eerste plekke vir Thabazimbi Jukskei
THABAZIMBI – Die Nylwyksbond liga het op Saterdag, 28 Januarie plaasgevind te Mokopane op die bane van die Tarentale Jukskei klub.
Elf spanne het meegeding in die afdelings A, B en C. Die uitslae van die spanne met die punte behaal is soos volg: A-afdeling: 1ste plek – Thabazimbi 65, 2de plek – Tarentale 56, 3de plek – Olifante en in die 4de plek – Naboompark met 22.5 punte.
B-afdeling: 1ste plek, Thabazimbi – 58, 2de plek – Tarentale 56, 3de plek – Olifante 43.5 en Naboompark in die 4de plek met 36 punte. C-afdeling: 1ste plek – Thabazimbi 62.5, 2de plek – Naboompark 36.5 en Tarentale met 22.5 punte in die 3de plek.
Drie toernooie waarby die Noordelike provinsie betrokke is, vind plaas in Februarie. Hou gerus die koerante dop.