THABAZIMBI – Die Blou Bul Amateurspan het op Donderdag 26 Januarie die groot voorreg gehad om op die veld te draf in die proewe vir die Vodacom Blou Bulle span.
Die spelers, Cobus Oosthuizen, Kobus Baardt, Evert van Zyl en Nico Koen, het dit ook nie maklik gehad nie, want hul teenstaanders was die huidige Vodacom Blou Bulle. Die Vodacom Blou Bulle het met ‘n telling van 27/7 as oorwinnaars uit die stryd getreë.
Thabazimbi Rugby Klub wens hierdie span geluk met die prestasie. Met sulke hoogtes wat hulle al so vroeg in die jaar bereik het, kan dit net ‘n goeie rugby seisoen wees.
