General

ATKV skryfskool skryfkursusse vir 2006

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied vanjaar weer ‘n reeks gewilde skryfkursusse aan. Die datums van skryfkursusse vir 2006 is pas bekend gemaak. Almal is Suid-Afrika gaan ‘n geleentheid kry om een van die uitsoek-kursusse by te woon. Ons kuier rond van die Oos-Kaap tot die Noordwesprovinsie.
Die eerste kanselierskursus vir jong skrywers word reeds die laaste naweek van Februarie in Port Elizabeth en die eerste naweek van Maart op Oudtshoorn aangebied.
Die Herfsskool vir Skrywers, die prestigekursus van die Skryfskool, word van 20 – 24 Maart op Potchefstroom aangebied. Bekende skrywers soos Eben Venter, Ronél Foster, Willie Burger, Heilna du Plooy, Maritha Snyman, Jaco Jacobs, Martie Meiring, Thalyta Swanepoel en Martjie Bosman sal as aanbieders optree.
Tydens die Herfsskool word praktiese kursusse in die skryf van prosa, poësie en kinderliteratuur aangebied. Daar word vanjaar ook ‘n nuwe kursus in die skryf van rubrieke ingestel. Die sluitingsdatum vir die Herfsskool is 10 Maart 2006.
Later in die loop van 2006 volg nog dagkursusse in prosa en poësie, ‘n gemeentebladkursus, skolierekursusse en die Lenteskool in September.
Vir navrae skakel Kobie by (018) 299-1783 of by assjcjva@puk.ac.za of skryf aan die Direkteur, ATKV-Skryfskool, Privaatsak X6001, POTCHEFSTROOM, 2520.