Noord streek jukskei kampioenskappe
THABAZIMBI – Die Noord streek jukskei kampioenskappe vind op Saterdag, 4 Februarie plaas te Krugersdorp. Die keuring van spelers het op Saterdag, 21 April plaasgevind en die volgende spelers van die Nylwyksbond sal die Noordelike provinsie Jukskei Unie verteenwoordig. Dit bestaan uit nege spanne (drie veterane, drie mans en drie dames spanne).
Veterane A span – Evert Genis (Mokopane), Bertus Els (Thabazimbi) en Pieter le Roux (Naboompark). B span – Jan Davel (Tarentale) en Daan Nell (Tarentale). C span – Gerrit Booyens (Thabazimbi) en Cristie Blom (Groblersdal).
Dames A span – Bettie Geldenhuys (Thabazimbi). B span – Bets Els (Thabazimbi). C span – Amanda Beeslaar (Tarentale). Mans A span – Solis van Zyl (Groblersdal) en Jannie Engelbrecht (Thabazimbi). B span – De Graaff Genis (L), Freek Scholtz (Tarentale) en Bossie Liebenberg (Thabazimbi). Mans C span – James Engelbrecht en Paul Els (Thabazimbi) en JL Steyl (Tarentale – Mokopane).
Op 4 Maart speel al die klubs van die Noordelike provinsie teen mekaar op Naboompark in ‘n Bondsliga (fondsinsameling).