Operasie “Ops Iron Fist” lei tot 47 arrestasies
THABAZIMBI – Die polisie se Operasie Ops Iron Fist het verlede Vrydag en Saterdag daartoe bygedra dat 47 arrestasies gemaak is.
Met dié operasie het die polisie gesoek na onwettige wapens en moontlike verdagtes wat nog nie aangekeer is nie. Van die arrestasies was ondermeer vir bestuurders wat sonder rybewyse bestuur het en hulle is in padblokkades vasgetrek.
Die polisie helikopter van Polokwane (Pietersburg) wat vir die twee dae sigbaar was oor die dorp, het op gereedheid gestaan om enige moontlike voortvlugtende aan te keer.
Die polisie se nuutste hulpmiddel, die “morphotouch” masjien, het bygedra tot drie arrestasies vir onder meer huisbraak en diefstal. Hierdie verdagtes is by ‘n Shebeen aangekeer. Tydens die operasie is 434 mense deursoek.