General

‘n Nuwe jaar – skenk bloed

Vir baie mense sal 2006 met ‘n lys goeie voornemens en planne begin.  Meeste van hierdie voornemens sal al voor die einde van Januarie verbreek word; dis is maar deel van ons menslike aard.
Behou hierdie jaar die geesdrif deur jouself tot gereelde bloedskenking te verbind.  Dis is die één voorneme wat net ‘n bietjie van jou tyd vra, maar ‘n leeftyd aan iemand anders sal gee.
Ervaar die ongelooflike gevoel in die wete dat jou bloedskenking aan iemand ‘n toekoms sal bied. Daar is altyd pasiënte in die hospitaal wat bloedoortappings benodig en jy het die vermoë om hierdie mense se lewens vir ewig te verander deur die eenvoudige daad van bloedskenking.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens is daartoe verbind om te verseker dat pasiënte die veilige bloed wat hulle benodig, ontvang.  Deur gereelde bloedskenking jóú Nuwejaarsvoorneme te maak, sal jy die Diens in hierdie taak steun.
Jou bloed red lewens. Vir inligting oor jou naaste bloedskenksentrum skakel 0800 11 9031 tolvry.