Trentyre Pro-20 aandligakrieket

THABAZIMBI – Raymordt speel teen Rinos en kolf eerste. Hulle behaal 108 lopies in hul toegelate 20 beurte.
Kobus 25 en Kobie 17, behaal die meeste lopies, vir Raymordt neem Wynand 3/14 en Barend 2/19 paaltjies. Raymordt se kolwers swaai die wilgerlat behoorlik en in die 15de beurt behaal hul ‘n totaal van 111 lopies om die wedstryd te wen en ook ‘n bonus punt te behaal.
Barend 33 en André 29, is aangewys as die beste kolwers. Vir Rino’s was Jerome en Carel suksesvol met die bal.
Driescon speel teen Swartklip en kolf eerste met ‘n massiewe totaal van 224 in hul 20 beurte. Kerneels 81 en Pieter 47 was verwoestend. Swartklip teken 150 aan in hul 20 beurte met Dulen 29 en Roelf 30 as die suksesvolste. Driescon se suksesvolste boulers was Schalk met 2/16 en Nigel met 2/15 paaltjies. Driescon wen die wedstryd.
Puntestand: Driescon 9 na 2; Frikkie Meyer 8 na 2; Amandelbult 5 na 1; Raymordt 5 na 2; Tyre Corp 0 na 1; Rhinos 0 na 2 en Swartklip 0 na 2.