General

Splinternuwe Spar vir Northam

NORTHAM – Die Spar, in Rubystraat Northam, het ‘n halfeeu terug sy klein begin gemaak as ‘n familiebesigheid. Dit was op 12 Februarie 1955 dat Philip Eloff ‘n kruidenierswarewinkel op Northam begin het. In 1964 het hul by die Spar-groep aangesluit en het bekend gestaan as Eloff Spar.
Noe Vicente het ongeveer ses jaar terug die Spar by Philip gekoop. Poela Eloff, seun van Philip Eloff is steeds by Northam Spar betrokke as algemene bestuurder.
Vir die publiek se gerief, gaan Spar nou oop wees van 08:00 tot 20:00 vir sewe dae per week, hierdie ekstra besigheidsure en die nuwe baadjie wat Spar aangetrek het, dra by tot ‘n groter inkopie genot waarna hul streef.
Dié Spar hou ook nou die bekende “Fresh Line”-reeks aan wat bestaan uit alle voorbereide groente en vleise wat vooraf verpak is.
Selfs die slaghuis is nie ontsien nie, en dié is nou ingerig om groot hoeveelhede vleis vir funksies te kan voorberei. Buiten al die nuwe uitbreiding en verwikkelings in die slaghuis en die res van die winkel, spog Spar nou ook met ‘n nuwe groot bakkery waar daar behoorlik gebak en gebrou word, van broodrolletjies, pasteitjies, brood, koeke tot selfs troukoeke.
Maak gerus nog vandag ‘n draai by die “nuwe” Spar, en ontmoet die vriendelike personeel.