General

Rekenaar Sentrum vir Koedoeskop

KOEDOESKOP – Die afgelope paar maande het ‘n baie gesogte rekenaarkursus Koedoeskop soos ‘n orkaan getref. Willie en Ria Beaurain het in Oktober 2004 gekwalifiseer om die kursus aan te bied.
Die egpaar het in November 2004, onder die naam W&R Rekenaar Opleiding Sentrum,  geregistreer. Die kursus wat aangebied word staan bekend as ICDL (International Computer Driving Licence).
Die kursus sluit die volgende sewe modules in: Basiese kennis van rekenaartegnologie; Hoe om ‘n rekenaar te gebruik en leêrs te organiseer; Microsoft Word; Microsoft Excel; Microsoft Powerpoint; Microsoft Access en Internet en E-pos. Hierdie kursus word erken in 144 lande dwarsoor die wêreld en groei nog steeds. ICDL word ook onderskryf en goedgekeur deur die Computer Society of South Africa.
Onlangs is ‘n diploma plegtigheid by die laerskool gehou waartydens nege studente hul sertifikate ontvang het. Daar is ‘n verdere tien studente wat nog besig is met die kursus waarvan drie laerskool studente reeds drie modules geslaag het.
Op hierdie stadium word die kursus net in Koedoeskop Laerskool se rekenaar sentrum aangebied, maar daar word ook ‘n sentrum vir Thabazimbi beplan vir 2006. Vir verdere inligting oor die gewilde kursus kan Ria Beaurian geskakel word by 082 464 0421 of Willie 082 452 5167.