Entertainment

Plant vir Goliat van Gat

“Goliat van Gat” is die naam van die groot pampoen kompetisie en almal wat daarvan hou om plante te groei word uitgedaag om deel te neem. Dit is reeds die derde jaar wat dié kompetisie aangebied word en is die amptelike kompetisie vir die “Goliat van Gat”-kompetisie.
Die bestaande kompetisie bedien die provinsies van Limpopo en Gauteng. Die pampoenfees en beoordeling vind plaas op Saterdag, 25 Maart 2006 by Pionier Museum in Silverton, Pretoria. ‘n Afdeling, Goliat se boetie, is geskep vir woontstel bewoners wat nie groot spasie het nie en die pampoene kan in ‘n pot op die stoep gekweek word.
Die grootte van die pampoene sal bepaal word deur die pampoen te weeg. Al die pampoene wat op die dag van die beoordeling uitgestal word, word die eiendom van Cullunan Landbou Unie en sal vir liefdadigheid geskenk word.
Alle pampoene moet in goeie eetbare toestand wees. Deelnemers moet ook self besluit wanneer die saad geplant word. Geen inskrywings sal in Maart 2006 of op die dag van die beoordeling aanvaar word nie.
Inskrywingsgelde vir die kompetisie beloop R50 en R5 vir posgeld. Vier pitte per inskrywing word uitgestuur en kan ook by DLU of TLU-SA Streekkantore verkry word. Meer pitte is ook beskikbaar teen R50 per pakkie.
Inligting in verband met die spasiëring, grondvoorbereiding, plant aksie, inligting in verband met die saailing stadium en bemesting kan by die TLU-SA Noordstreek of www.agriwebsa.com verkry word.