Pad-en-veld Marathon

MARKEN – Marken Boerevereeniging bied ‘n Pad en Veld Marathon aan op 8 Oktober. Dit is die ideale geleentheid om daardie oefenskoene af te stof en die litte bietjie los te kry.
Verskeie borge maak die Marathon meer aanloklik met hul pryse en vir dié wat die wenpaal haal, wag daar ‘n prag medalje. Die wat bang is vir die 42.2km of 21.1km half-marathon, is daar ‘n 10km uitdaging of ‘n 6km pretstap. Vir die hongeres en dorstiges is daar ‘n verskeidenheid van stalletjies by die Marken Boeresaal.
Na afloop van al die sportverrigtinge wag daar ‘n heerlike ete en egte Boeredans met die gaskunstenaars, Limpopo. As jy nie wil uitmis nie skakel vir Ronè by 083 645 3082 of CF by 083 677 4681.  Die Marken Boeresaal gaan voorwaar lewe van aksie.