ATKV vereer bekendes in Thabazimbi
THABAZIMBI – Die ATKV gaan bekendes op die dorp vereer vir hul besondere bydrae tot die gemeenskap, die voortbestaan van Afrikaans en ‘n beter Suid-Afrika. Die ATKV is vanjaar 75 jaar jonk en hou hom voltyds besig met die bevordering van die Afrikaanse kultuur binne die konteks van die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap.
Die genomineerdes is Riaan Nagel (bekende roofvoëlkundige), Pieter Coetzee van Die Kwêvoël (vir volgehoue ondersteuning aan die gemeenskap), Jaco en Elmarie Wentzel (vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek en revuewerk), Rita Volschenk (vir haar werk op die gebied van teater en die kunste) en Skobol Swanepoel (vir sy bydrae op veral sportgebied).
Die oorhandigings geleentheid vind op 19 Oktober om 19:00 by Laerskool Thabazimbi plaas. ‘n Driegang-ete sal bedien word en kaartjies beloop R85 per persoon. Jannie Moolman sal as gaskunstenaar optree. Belangstellendes kan bespreek by Sonja van Tonder by (014) 777 1603 of 072 244 3123.