Aandligakrieket uitslae

THABAZIMBI – Die Trentyre Pro-20 aandligakrieket het die volgende wedstryde gespeel met uitslae as volg:
Amandelbult vs Swartklip: Swartklip kolf eerste en word beperk tot 108 lopies in hul 20ste boulbeurt. André op 21 en Duhin op 44 lopies was die beste kolwers. Rudi met 4/17, Christo met 2/6 en Ignus met 2/16 het die beste boulwerk gelewer.
Amandelbult behaal 112 lopies in slegs 10 beurte om die wedstryd te wen en kry ‘n bonus punt. Gavin op 22 en Christo op 27 lopies, kolf die beste. Neville en Dylan neem elk een paaltjie.
Frikkie Meyer vs Rhinos: HFM kolf en teken 155 lopies aan in hul toegelate 20 beurte. Lourens op 35, Maurice op 26 en James op 24 is die beste kolwers. Jacques met 3/19 en Carel met 2/29 was die beste boulers. Die Rhinos word beperk tot 101 lopies in hul 20 beurte met HFM wat die wedstryd wen. Tommie was die beste bouler met 3/19.
Tyre Corporation vs Driescon: Driescon kolf eerste en teken 184 lopies aan in hul toegelate boulbeurte. Hennie op 30, Kerneels op 25 en Dries op 31 was die beste kolwers. Driescon beperk Tyre Corporation tot 94 lopies in slegs 12 beurte om die wedstryd te wen en ook ‘n bonus punt te verdien. Nigel met 6/16 en Dries met 2/17 was die beste boulers.
Puntestand: HFM 8 na 2 wedstryde en Amandelbult 5, Driescon 5, Ray Mordt 0, Rhinos 0, Swartklip 0 en Tyre Corporation 0 na een wedstryd.