Kumba hou SHE dag
THABAZIMBI – Die plaaslike Kumba ysterertsmyn bied elke jaar ‘n SHE-dag (Safety, Health and Environment) aan en die tema van vanjaar was die “SHE I-Care Rules” van die myn. I-Care is ‘n houdingslagspreuk op die myn wat werklik almal op die myn se omgee vir mekaar, hul veiligheid, gesondheid en ook die omgewing weerspieël.
Die sewe afdelings op die myn het elkeen die geleentheid gekry om een van die I- Care Rules in ‘n rolspel uit te beeld. Selfs die bestuurspan het hulle deel bygedra met die I Care Wave en die ondertekening van die I-Care Rule plakaat waar hulle hulself verbind het tot die uitlewing daarvan.
Die hoogtepunt van die dag was verseker die “Bungee Rocket”. Die operateurs het behoorlik rond gestaan en was van vroeg tot laat besig om mense te ‘lanseer’. Baie het na die lansering en met terugkeer op moeder aarde bleek en bewerig uitgeklim en gesê nooit weer nie maar ander het egter die moed gehad om weer die hoogtes en rondomtalie aan te durf. Hierdie was amper ‘n “Fear Factor” toets en die die mense het mekaar uitgedaag om deel te neem.