SAVF Bosveld Bruidskompetisie

THABAZIMBI – Die plaaslike SAVF nooi alle bruide van 2004 en 2005 uit om in te skryf vir hul Bosveld Bruidskompetisie.
Die bruide word volgens seisoene beoordeel en daar sal buiten die seisoene wenners, ook ‘n algehele wenbruid wees. Anders pryskategorieë is die mooiste tafel – wat deur die finalis vir die kompetisie gedek is, die mees oorspronklike foto – wat nie noodwendig die wenbruid s’n gaan wees nie en ook die mooiste geskrewe stukkie – wat elke deelnemer moet inhandig saam met die inskrywingsvorm.
Bruide wat tussen Maart en Augustus getroud is, skryf in vir die herfs- en winterbruide en die res van die maande is die somer en lente bruide. Alle fondse wat ingevorder word gaan vir die Maatskaplike Dienskantoor en liefdadigheidswerk. Die kroningsgeleentheid vind einde April 2006 tydens die Wild en Toerisme Expo plaas.
Inskrywingsvorms en verdere inligting kan verkry word by Yolandi Opperman, seisoenwenner van die 2004 Bruidskompetisie, by 082 922 9590 of by Marieta by 082 926 8594.