General

SANLAM

Die veertiende Sanlam Gemeenskap Pers Toekennings funksie wat verlede Vrydagaand in die Sandton Convention Centre plaasgevind het, het vir Die Kwêvoël twee benoeming besorg met die voorblad wat ‘n agste plek behaal het en die Vroueblad ‘n negende plek.
Daar het 198 gemeenskapskoerante ingeskryf vir hierdie kompetisie wat die grootste joernalistieke kompetisie uit 32 in die land is. Uit die 482 joernaliste wat ingeskryf het, was daar 1 635 individuele inskrywings in verskillende kategorië.
Met die Nissan Capro toekennings funksie wat Saterdagaand ook by die Sandton Convention Centre plaasgevind het, stap Die Kwêvoël vir die vyfde agtereenvolgende jaar weg met die toekenning vir die beste Motorblad.