General

Laerskool Thabazimbi krieket uitslae

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se krieket is op volle dreef en is besig om hul teenstanders opdraande te gee.
Met die wedstryde verlede week teen Potgietersrus, wen die O/10 span met 50 lopies. Evan teken 31 lopies aan en Tanya blink uit met die bal nadat sy 4 paaltjies plat trek vir slegs 16 lopies.
Die O/11 span verslaan hul teenstanders met 34 lopies. Gert Hefer lewer ‘n puik bydrae met die kolf en bal. Hy slaan 49 lopies en neem 4 paaltjies vir 17 lopies. Hulle het ook die afgelope Dinsdag Bosveld verslaan met 6 paaltjies. Heinrich Wilsenach palm 5 paaltjies in en staan slegs 12 lopies af.
Die eerstespan het ‘n telling van 159 gejaag en stap weg met ‘n skitterende oorwinning van 7 paaltjies. Juandré teken 55 lopies aan en Ettiene 48, nie uit nie.
Hefer Regard lewer ‘n konstante bydra tot die sukses van die eerstespan. Teen Platina slaan hy 134 lopies (14 4’s en 9 6’se) en teen Krugerpark slaan hy die wen lopies in slegs drie balle (6;6;4).
Die afgelope Dinsdag pak die eerstespan Bosveld en haal hul teenstanders uit vir slegs 59 lopies. Martin Meintjies se boulwerk van 5/21 dra by tot die eerstespan se oorwinning van 10 paaltjies met al húl paaltjies nog staande.