Sport

Jukskei Biltongfees uitslae

Die Tarentale se jaarlikse Biltongfees Ope-Jukskeidag wat op 17 September te Mokopane plaasgevind het, was weer ‘n groot sukses. Met 23 spanne wat meegeding het, was dit ook ‘n geleentheid vir die Noordelike Provinsie meesterspanne om in spanverband te kon meeding.
Daar was meegeding in afdelings A, B, C. Spanne oor die hele Noordelike Provinsie en Pretoria was teenwoordig. Die uitslae was as volg:
A-afdeling (6 spanne): 1ste Noordelike Provinsie A meesterspan 55.5, 2de Thabazimbi 41 en die speelgroep van Pretoria in die 3de plek met 40 punte.
B-afdeling (7 spanne): 1ste Noordelike Provinsie B meesterspan 64, 2de Mopanie (Polokwane) 56.5 en 3de Landdros (Polokwane) met 46.5 punte.
C-afdeling (10 spanne): 1ste Naboompark 79, 2de Tarentale (2) 74 en 3de Mopanie met 73 punte.
Die Meesterspanne gaan op 24 September te Kroonstad bymekaarkom vir die toernooi wat vanaf 26 tot 30 September plaasvind. Die Noordelike provinsie word verteenwoordig deur drie mansspanne (A, B, C) en twee vrouespanne.
Vir navrae kan Martie Nell, media skakelbeampte, gekontak word by (014) 733 0611 of  083 532 1960.